FNB-verskoning stuur boodskap aan maatskappye

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Vrydagaand gesê FNB se verskoning aan die ANC stuur ‘n boodskap aan maatskappye dat dit nie aanvaarbaar is om die regerende party te kritiseer of te bevraagteken nie.

“Deur om verskoning te vra, dui daarop dat dit aanvaarbaar is om deur die ANC geboelie te word, en dit wys die ANC dat sy boelietaktiek werk om kritiese stemme stil te maak,” het Mmusi Maimane, woordvoerder van die DA, in ‘n verklaring gesê. “Afkeurende stemme is gesond in ‘n demokrasie, en die ANC se oordrewe aanstoot met die advertensie is onvanpas en kleinlik. Maar die gemak waarmee FNB voor die ANC geswig het en sy beginsels laat vaar het, is ewe onvanpas en sleg vir demokrasie.”

Hy sê dit is nie verbasend dat talle Suid-Afrikaners oorweeg om hul rekeninge by FNB te sluit nie.

Die ANC het vroeër gesê FNB het vir sy “Jy kan help”-veldtog, waarin verskeie kinders in skooluniform hul ideale vir die land uitspreek, om verskoning gevra.

Business Report het van die aanhalings van sommige van die video’s publiseer:

“Die land is oorrompel deur armoede, terwyl [president] Jacob Zuma sy huis opknap,” het ‘n jeugdige van KwaZulu-Natal gesê.

“Die regering dink net aan hulleself. Ek kom van ‘n plattelandse gebied en die regering sien nie wat gebeur nie,” het ‘n student aan ‘n universiteit in Gauteng gesê.

“Politici neig om die mees destruktiewe aspek van die samelewing te wees. Ons het motiewe en ‘n duidelike visie nodig. Ons moenie op ons leiers staatmaak nie. Elke persoon moet sy eie held wees,” het ‘n hoërskoolleerling van KwaZulu-Natal gesê.

http://youtu.be/m7Vyj9b1NyY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Brenda ·

Ja, dit is uiters terleurstellend om te verneem van FNB se verskoningvraery. Ek sal nou maar my rekening by hulle moet sluit. Ek boikot al klaar vir Woolworths. So nog ‘n instansie sal geen verskil maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.