FNB vra om verskoning vir veldtog

Eerste Nasionale Bank (FNB) het amptelik aan die ANC om verskoning gevra vir hul “Jy kan help”-veldtog.

“Sizwe Nxasana, hoof uitvoerende beampte van FirstRand, het ingestem dat die navorsing wat aanlyn publiseer is, betreurenswaardig is en hy het daarvoor om verskoning gevra,” het die ANC in ‘n verklaring gesê. “Hy het die vergadering daarna verseker dat dié voorval hom nie sal herhaal nie.”

FNB en die leierskap van die ANC, onder leiding van Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC, het Donderdag vergader. Die FNB-veldtog het ‘n aantal video’s van kinders in skooluniform, wat hul ideale vir die land voorlees, publiseer. Opposisiepartye en aktivis-groepe het gesê die ANC se kritici oor die veldtog dui op sy onverdraagsaamheid.

Die ANC het tydens die vergadering daarop gewys dat die video’s ‘n doelbewuste aanval op die ANC is. Nxasa het aan die ANC verduidelik dat die doel van die jeugveldtog was om Suid-Afrikaners te inspireer deur saam te werk en mekaar te help. FNB het sy toewyding aan die Nasionale Ontwikkelingsplan bewys deur armoede, ongelykheid en werkloosheid aan te spreek.

http://youtu.be/m7Vyj9b1NyY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.