ʼn Boer van Fochville in Gauteng, is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo in die polisie se teenwoordigheid twee huurders doodgeskiet en ʼn ander gewond het, het Beeld Dinsdag berig.
Die boer was met ʼn haelgeweer gewapen en het op die huurders begin losbrand nadat hulle glo die boer en ʼn groep werkers met klippe bestook het.
Volgens lt.kol. Hennie Maass, die stasiebevelvoerder van die Fochville-polisiestasie, het die boer en ʼn groep van sy werkers met een van die huurders gaan praat. “Die huurder het glo oor die naweek by een van die boer se kuierplekke skade aangerig,” het Maass gesê. “Een van die werkers het die huurder met ʼn stok geslaan, waarna hulle met klippe bestook is. Die boer het daarna vyf skote afgevuur. Die mans wat hy geskiet het, was huurders op sy plaas,” het Maass bevestig.
Die polisie is deur die boer ontbied en was saam met hom op die toneel toe die voorval plaasgevind het. Hy het die polisie ontbied omdat daar die vorige naweek ʼn betoging op sy plaas was nadat ʼn man daar vermoor is. Sowat 2 000 mense, waarvan die meeste mynwerkers is, huur blyplek by die boer.
Volgens Maass gaan die boer aangekla word op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord.
SAPA
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Los die Boer, wie nie ore het nie, moet voel !
Klippe gooi kan ook dood tot gevolg hê !
As dit nou andersom was was dit die boer wat rede gesoek het om vermoor te word. Jy mag jouself nie eers meer teen barbare verdedig nie. Die regstelsel is siek.
In die polisie se teenwoordigheid nogal? Ek kan nie dink dat tussen die eerste klip wat gegooi is tot dat die die skote begin klap het daar nie genoeg tyd was vir die polisie om beheer te neem nie. Soos dit vir my lyk was hulle toeskouers en behoort die klagtes eerder teen die polisie gelê word? Of is ek nou verkeerd?
Genade tog, moet die boere dan eers vermoor of vermink word voordat die polisie intree of voordat jy jouself mag verdedig! Boer van Fochville, ons sal vir jou bid, dat die Here jou regsaak sal hanteer!
Hoekom is net hierdie tipe goed in die nuus, maar die alle daagse uitvermoor van witmense deur swartmense haal skaars ‘n koerant, of nee, haal glad nie die nuus nie?????????????????????