Fochville-skietery: Drie mans gevang

Die shebeen in Fochville waar die skietery plaasgevind het Foto: Govan Whittles, Eyewitness News.

Drie mans is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die skietvoorval by Fochville.

Vier mense is Sondag by ‘n shebeen in die Mphahla-dorpie naby Fochville doodgeskiet toe ‘n bende van sowat 40 gewapende mans met swart komberse ingestorm, en onder die klante begin losbrand het. Lungelo Dlamini, woordvoerder vir die polisie, het Dinsdag bevestig dat drie mans in hegtenis geneem het, berig EWN. Volgens Dlamini vermoed die polisie ook dat die mans daarvoor verantwoordelik is dat hulle vyf huisies in ‘n naburige informele nedersetting afgebrand het. “Hulle sal van moord en brandstigting aangekla word en sal Woensdag in die landdroshof in Fochville verskyn,” het Dlamini gesê. Vyf ander mense is in die aanval beseer. Die plaaslike gemeenskap het by die kroeg vergader om ‘n sokkerwedstryd te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.