Fochville-skietery: Niemand nog gevang nie

Die Fochville-gemeenskap is steeds verslae oor ‘n noodlottige skietvoorval by ‘n shebeen Sondagaand.

Vier mense is dood en vyf ander beseer toe ‘n groep gewapende mans op die mense begin skiet het. Volgens die polisie is niemand nog in hegtenis geneem nie, berig EWN. Inwoners van Mpahla-dorpie sê die skietgeveg is weens bendegeweld in die gebied. Een ooggetuie het gesê verdagtes met swart komberse het die ingang na die kroeg versper en mense begin aanrand. Mense het in die kroeg gekuier om die sokker te kyk. Die ooggetuie het bygevoeg dat die gewapende mans glo na ‘n lid van ‘n ander bende op soek was ná ‘n aanval vroeër die dag. Die eienaar van die shebeen is ook beseer. Plaaslike regeringsbeamptes het die toneel glo Maandag besoek om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.