ʼn Foto wat soos ʼn storm oor die kuberruim versprei waarin ʼn massiewe golf die Statue of Liberty tref en wat glo die volle mag van Orkaan Sandy uitbeeld, is ʼn foefie.
Menige fop-foto’s van orkaan Sandy word oor sosiale media versprei, berig die webwerf mashable.com. Die webwerf lys sewe foto’s wat die rondte doen. Die mees algemene een is waar ʼn fratsgolf oor die standbeeld breek, maar die foto, wat bietjie opgekikker is sodat dit lyk of dit van ʼn nuuskanaal kom, is eintlik ʼn toneel uit die natuurramp rolprent, The Day After Tomorrow.
Klik hier om nóg fopfoto’s en hul oorsprong te sien. Meer is ook hier beskikbaar.