Fopoproep-verpleegster het haar gehang

Die verpleegster wat ‘n fopoproep deurgeskakel het van radio-omroepers wat wou uitvind hoe dit met die swanger hertogin van Cambridge gaan, het haarself glo gehang.

Jacintha Saldanha (46) is drie dae na die fopoproep in haar woonkwartiere by die King Edward VII-hospitaal aangetref waar sy haarself glo met ʼn serp aan ‘n kas opgehang het. Saldanha het glo ook beserings aan haar polse gehad. Daar is twee briewe op die toneel gevind. Die ondersoek na haar dood duur voort. Aanbieders van Sydney se 2DayFM-radiostasie het ʼn fopoproep na die King Edward VII-hospitaal gemaak en voorgegee hulle is koningin Elizabeth II en prins Charles. Saldanha het hulle glo deurgeskakel waarna ʼn ander verpleegster inligting verskaf het oor Kate se toestand. Kate is in die hospitaal behandel vir ‘n erge vorm van oggendnaarheid. Die omroepers het vroeër om verskoning gevra vir die voorval. Die program is gekanselleer en hulle is geskors. Intussen word daar berig dat die twee omroepers doodsdreigemente ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.