Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname

'n Foto van Deon, Christelle en Marthella Steenkamp tydens hul roudiens. Foto: Maricelle Botha/OFM

Die minderjarige wat gister in hegtenis is weens die moorde op Deon, Christelle en Marthella Steenkamp op Goeie Vrydag, sal waarskynlik in ʼn plek van veiligheid gehou word tot hy Donderdag in die hof verskyn.

OFM berig dat die skoolhoof van ʼn skool in Bloemfontein bevestig het dat ʼn leerling gister op die skoolgronde in hegtenis geneem is. Hy is glo in die hoof se kantoor in hegtenis geneem waarna hy glo na Kimberley geneem is waar hy ʼn maatskaplike werker sou sien. Die 16-jarige sal volgens berigte voorlopig in ʼn plek van veiligheid gehou word voor sy hofverskyning. Beeld berig dat die uitslag van forensiese toetse tot die inhegtenisname gelei het. Daar is glo buskruit op die seun se klere gevind en sy vingerafdrukke was glo op die wapens wat in die skietery gebruik is.

Johan Bezuidenhout, adjunk-direkteur van openbare vervolging in die Oos-Kaap en kenner van die Kinderwet, het aan OFM gesê ʼn informele en voorlopige verhoor met al die betrokke partye sal voor die minderjarige se hofverskyning gehou word. Tydens die informele verhoor sal daar glo besluit word of die beskuldigde vir ʼn afleidingsprogram kwalifiseer en of hy verder tereg sal staan in ʼn kinderhof. Bezuidenhout sê indien die minderjarige skuldig bevind word kan hy moontlik ʼn gedeelte van sy vonnis in ʼn jeugsentrum spandeer voor hy na ʼn gevangenis oorgeplaas sal word op sy 21ste verjaardag.

Die Steenkamps is op Goeie Vrydag op hul plaas Naauwhoek buite Griekwastad doodgeskiet. Don, wat ten tyde van die moord op sy ouers en suster 15 jaar oud was, is die enigste oorlewende van die tragedie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Poppie ·

Ek se nog dis die Don-mannetjie wat sy ouers en suster vermoor het, As jy na sy gesig kyk met die begrafnis van sy ouers en susterwas hy soos n bang wolf wat nie weet waar om te skuil nie. Merk my wooorde dit is Don, hy mag dink hy t n volmaakte moord gepleeg maar die waarheid sal uitkom.

Mj ·

Mense oordeel so maklik deur net na mense te kyk. Hy is n blote kind, wie van ons weet wat in n ander ou se hart aangaan en hoe hy voel?
Hy weet dalk meer as wat jy besef, dis nie te se hy het die sneller getrek nie.
“Judge a man by his questions rather than his answers…..”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.