Foto: 15 beseer in JHB-botsing

BdhxfgDIAAALCj7Altesaam vyftien mense het matige tot ernstige beserings opgedoen nadat drie voertuie Donderdag in Sandton, Johannesburg, gebots het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk by die kruising van Sandton- en William Nicolrylaan plaasgevind.

“ʼn Minibustaxi en twee voertuie het in die kruising gebots. Dit is in die stadium nog nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie,” het Steinmann gesê.

Paramedici van verskeie nooddienste het die beseerdes op die toneel gestabiliseer waarna hulle na verskillende hospitale in die omgewing geneem is vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Taxi, Taxi, Taxi. Hoeveel persentasie van alle ongelukke in die land is taxi’s betrokke of nie betrokke nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.