Foto: 17 beseer ná wiel glo bars

Foto: Netcare 911

Altesaam 17 mense is beseer nadat ʼn minibus Vrydagoggend in Johannesburg omgeslaan het.

Santie Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het op Mainweg naby Lonehill plaasgevind. Die voertuig se band het glo gebars. “Van die 17 mense wat beseer is, is 11 ernstig beseer. Die res van die mense het geringe na matige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê. Die beseerdes is op die toneel behandel en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.