Foto: 24 skoolkinders beseer

Altesaam 24 laerskoolkinders is Vrydagoggend beseer nadat die taxi waarin hulle vervoer is, in Johannesburg in ‘n ongeluk betrokke was.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op Blueberryweg in Honeydew plaasgevind. “ʼn Minibustaxi het die leerlinge na ʼn skool in die gebied geneem. Die taxi was onderweg na Beyers Naudeweg toe die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het. Dit het teen ʼn paal gebots en omgeslaan,” het Vermaak gesê.

“Gelukkig het die kinders nie té seer gekry nie. Die meeste is vir kneusplekke en skraapwonde behandel. Die bestuurder het matige beserings opgedoen.“ Die oorsaak van die ongeluk sal deur ʼn polisie-ondersoek bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miss Knysna ·

Speed and greed!! The more trips the more money. Whenever is our slapgat government going to stop the anarchy in our country.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.