Foto: 30 beseer in ongeluk

Foto: ER24

Altesaam 30 mense is Maandagoggend beseer nadat twee taxi’s op die N6-deurpad tussen Bloemfontein en Smithfield gebots het.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk omstreeks 04:30 plaasgevind. “Die volgelaaide taxi’s het reg van voor teen mekaar gebots en daar word vermoed dat padwerke in die omgewing ʼn rol in die botsing gespeel het,” het Jackson gesê.

Die taxi’s is aan die kant van die pad aangetref. Een van die voertuige het omgeslaan. Vier van die 30 pasiënte het kritieke beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling.

“Die res van die pasiënte is op die toneel behandel en met ambulanse na verskeie hospitale in die omgewing geneem,” het Jackson bygevoeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.