Cezanne Visser, beter bekend as adv. Barbie, is Maandag op parool vrygelaat.
“Sy is omstreeks 11:00 uit die Pretoria-Sentraal-gevangenis aan ʼn beampte van korrektiewe dienste oorgeplaas vir administratiewe doeleindes,” het James Smalberger van die departement van korrektiewe dienste gesê. “Haar parool-voorwaardes geld met onmiddellike effek en sy gaan onder huisarres geplaas word,” het hy gesê.
Die departement van korrektiewe dienste het gesê die paroolraad het haar vrylating van Maandag af goedgekeur. Sy het ‘n sewe jaarlange tronkstraf uitgedien vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie. Sy is ook skuldig bevind dat sy bedrog gepleeg het by ‘n kinderhuis.
James Smalberger, adjunkkommissaris, het gesê Visser se parool val onder die maksimumkategorie, met streng voorwaardes. “Visser, soos enige ander oortreder in dieselfde kategorie, moes die helfte van haar vonnis uitdien, waarna sy oorweeg word vir parool,” het Smalberger gesê.
Visser se ma, Susan Lemmer, het haar by die gevangenis gaan haal.
Lees ook:
Adv. Barbie kry vandag parool
Adv. Barbie binnekort op parool
Advokaat Barbie bly agter tralies vir eers
Advokaat Barbie wen eerste rondte
‘Adv. Barbie’ moet nog sit
Adv. Barbie dalk binnekort op parool uit
Ek hoop sy het n les geleer, kan nog nie glo sy het al die goed aangevang nie, en dis nie dat sy nie van beter geweet het nie, sy is n geleerde persoon die voorbeelde in ons land Stink.
Dis jammer dat mense op parool vrygelaat word. Hulle behoort die hele vonnis agter tralies te bly. Parool voorwaardes is gewoonlik baie streng maar tog dink ek vroeg vrylating is ‘n klap in die gesig van die mense wat die wet gehoorsaam.