Foto: Afleweringsman sterf ná hy teen trok vasry

afleweringsman sterf in brentwood park

Die motorfiets se wrak. Foto: ER24

ʼn Afleweringsman is dood nadat hy Woensdagoggend op sy motorfiets teen ʼn ligte vragmotor in Benoni gebots het.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het in Great Northweg in Brentwoodpark plaasgevind. “Dit is nog nie duidelik wat gebeur het nie, maar volgens ooggetuies het die vragmotor glo ʼn U-draai oor twee bane gemaak, toe die motorfietsryer dit getref het,” het Majija gesê.

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.