Foto’s: Arno Jordaan se broer ook in ernstige ongeluk

Arno en Dewald Jordaan saam met hul pa.

Arno en Dewald Jordaan saam met hul pa.

Skaars ʼn paar maande nadat die sanger Arno Jordaan ʼn ernstige ongeluk oorleef het, het sy broer en agent, Dewald, ook ʼn noue ontkoming in Pretoria gehad.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk waarin Dewald betrokke was, Woensdag op De Villabois Mareuil-rylaan tussen Atterbury- en Garsfonteinweg in Pretoria plaasgevind.

“ʼn Jong man en ʼn vrou het albei kritieke beserings opgedoen nadat hul ligte voertuie trompop gebots het,” het Jackson gesê. Kort ná die botsing het albei voertuie aan die brand geslaan. “Gelukkig het bystanders vinnig op die toneel gestop en die man en die vrou uit die brandende voertuie getrek voordat die voertuie uitgebrand het. Dit het verseker hul lewe gered.”

Die uitgebrande wrakke van die voertuie. Foto: ER24

Die uitgebrande wrakke van die voertuie. Foto: Arno Jordaan / Twitter

Dewald is in ‘n kritieke toestand per ambulans na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem. Volgens Jackson het hy verskeie beserings en gebreekte bene opgedoen.

Die jong vrou, in haar 20s, het verskeie beserings opgedoen en was volgens die nooddienste in geweldige pyn. Sy is op die toneel gestabiliseer en is met ʼn helikopter na die Milpark-hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie en die voorval word deur die polisie ondersoek.

Rook van die ongeluk was van ver af sigbaar. Foto: Phuti Khomo / Twitter

Rook van die ongeluk was van ver af sigbaar. Foto: Phuti Khomo / Twitter

Intussen het Arno Jordaan op Twitter die ER24-nooddienste bedank vir hul spoedige reaksie. Hy het ook die bystanders bedank wat sy broer en die vrou uit die brandende voertuie getrek het. Arno was op 17 April in ʼn ernstige ongeluk op die N14-snelweg onderweg na Krugersdorp.

Lees ook:
Foto’s: ‘Net genade’ dat Arno leef
Arno Jordaan beseer in botsing

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amy ·

As ek so na die motors kyk is dit ‘n absolute wonderwerk dat hulle oorleef het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.