Foto: Bejaarde voetganger op hoofweg raakgery

Foto: Netcare 911

ʼn Man is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat hy Donderdagmiddag op die N2-hoofweg in KwaZulu-Natal deur ʼn voertuig getref is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die man wou die besige hoofweg naby die Adamsweg-brug in Amanzimtoti oorsteek. “Die man het voor ʼn voertuig beland. Hy het op inpak oor die kar so voorkant gerol en die windskerm met sy kop getref en gebreek,” het Botha gesê.

Die man het veelvoudige kritieke beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Mshiyeni-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.