Foto: Bejaardes sterf in N4-botsing

Foto: SANRAL TRAFFIC (GP)

Foto: SANRAL TRAFFIC (GP)

Twee bejaardes is dood en twee mense is ernstig beseer tydens ʼn ongeluk wat Donderdagmiddag op die N4-snelweg in Pretoria naby die Watermeyer-afrit plaasgevind het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, was twee bejaardes in hul voertuig in ʼn oostelike rigting op pad, toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. “Hul voertuig het oor die middelste versperring gery, in die aankomende verkeer se baan beland, en ʼn ander voertuig getref,” het Botha gesê.

Volgens Botha was albei bejaardes reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “ʼn Vrou en ʼn tienermeisie wat in die ander voertuig was, het kritieke beserings opgedoen.” Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christopher ·

Dag se wil net jul reg help daar was ongelukag nie 2 kare ni dit wat die woordvoerder se is nie waar nie daar was net die 1 voertuig betrokke en geen meisie kinders nie dis was n oupa n skoon suster en die klein seun en die ma van die kind in die voertuig ek was self op die toneel gewees metro accident assist het die voertuig in gesleep

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.