Foto: Betogers brand Bronkhorstspruit-polisiestasie af

Die polisiestasie in Bronkhorstspruit. Foto: Brig. Neville Malila / Saps

Die polisiestasie in Bronkhorstspruit. Foto: Brig. Neville Malila / Saps

Die Gautengse polisie het Vrydag bevestig dat betogers van Bronkhorstspruit Donderdag ʼn plaaslike polisiestasie en ʼn munisipale gebou aan die brand gesteek het. Die inwoners betoog oor dienslewering.

Die ontstoke betogers het ook drie vragmotors aan die brand gesteek, berig EWN.

Die betogers, van die Zithobeni informele nedersetting buite Bronkhorstspruit, het vroeër die week begin betoog en aangedring daarop om ʼn memorandum met hul griewe aan die burgemeester van Tshwane, raadslid Kgosientso Ramokgopa, te oorhandig.

Die inwoners sou glo Donderdag met die burgemeester van Pretoria vergader, maar was ontsteld nadat hy na bewering nie vir die vergadering opgedaag het nie.

Die betogers sê die munisipaliteit vra hulle te veel geld vir dienste, en dat hulle al die afgelope drie weke sonder water en elektrisiteit moet oorleef.

Sarah Mcira, ʼn polisiewoordvoerder, het aan EWN gesê teen Vrydag was die situasie in die omgewing steeds gespanne.

Maroela Media het verneem dat sewe mense tot dusver in hegtenis geneem is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

Vergeet van n vrye verkiesing. Dit is hoe “Donker Afrika” bewind oorneem. Wees gereed.

Potties ·

Is geensins in staat om n saak logies te benader nie,kry al die lee kop pelle bymekaar,gooi wat ook al in die pad staan met klippe en dan maak hulle vuur om te wys dat hulle nou regtig kwaad is.Ek is ook oortuig dat hulle die dienste waaroor hulle nou betoog ieg gratis kry!!!Hoe kan singende dansende mense kwaad wees???of wag daar alweer n kultuur skok op my??

Eben ·

Ek dink dis baie goed so ….. dis tyd dat die polisie ophou om die mense te skiet. Daar moet dienste gelewer word. Hoekom word dit aan die mense belowe tydens verkiesing en nie gedoen. Die nie-blankes staan saam … dis ons slapgat wit mense wat langs die kant skree en niks doen (myself ingesluit) Hier gaan sports kom met die verkiesing. Die anc kan bedrog pleeg want dis al hoe hy in bewind kan bly, maar die ouens gaan hulle uithaal … en goed so ook!!

Jasper ·

Eben, hierdie mense soek die land en hulle soek nie vir my en jou nie. Ons prez. is of vas aan die slaap of hy is al vort.

Eugenie ·

My water- en ligterekening is elke maand op datum betaal, inteendeel, vooruit. Ons as huisgesin gaan gereeld sonder krag, vir welke rede ookal, gedurigdeur is daar waterpype wat bars, dan neem dit ure en ure om te herstel – punt wat ek wil maak, ‘n beter toekoms is ook aan my belowe, AL HET EK NIE VIR DIE ANC gestem nie, MAAR, ek gedra my nie soos ‘n “hooligan” deur alles te verwoes en af te brand nie. Ja, die polisie skiet deesdae maklik, maar indien hul lewens self in gevaar is, laat waai. Daar is ‘n manier om jou misnoee uit te spreek. Met volgende jaar se verkiesing stem hierdie stemvee in elkgeval weer vir die ANC.

Gideon ·

Dit is so skokkend! Watter Europese land wil tog hulle deure vir ons oopmaak sodat ons net kan aansoek doen om uit hierdie deurmekaar verwoeste pragtige land te kom. Ek is verslae! Ons het met mense te doen wat grens aan barbare.

Dan ·

Ek was nog altyd onder die indruk die mense het optogte gehou en geboue afgebrand weens apartheid. Nou is apartheid lankal dood maar dit gebeur nog steeds? O nee wag, ek is verkeerd, dit IS apartheid se skuld. Net soos al die korrupsie en diefstal. Kry vir de Klerk, Meyer, Botha ens. dat hulle met hierdie betogers kom “onderhandel” oor ‘n “vreedsame skikking”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.