Foto: Brand by Kaapstad-hawe

Foto: @nelsonscomedy / Twitter

Foto: @nelsonscomedy / Twitter

Talle skure en bote het in die slag gebly toe ʼn brand Donderdagmiddag by ‘n bootklub in Kaapstad ontstaan het.

Theo Lane, ʼn woordvoerder van die stad Kaapstad se brandweerdienste, het aan Maroela Media gesê die brand het omstreeks 13:00 uitgebreek. “Ons weet nie wat die brand veroorsaak het nie en sal dit ondersoek sodra die toneel veilig is. Die brand het by die Oceana Powerboat Club uitgebreek en skure en bote beskadig,” het hy gesê. Dit lyk in die stadium of drie bote beskadig is.

Dit het die brandweerdiens skaars 45 minute geneem om die brand onder beheer te kry. “Brandbestryders sal seker nog vir ʼn uur lank op die toneel bly om seker te maak alles is onder beheer.”

Niemand is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.