Foto: Busbestuurder sterf in trompop botsing

ʼn Busbestuurder is dood en 10 mense is beseer nadat ʼn bus en ʼn minibus-taxi Dinsdagoggend mekaar reg van voor in Johannesburg getref het. Foto: ER24

ʼn Busbestuurder is dood en 10 mense is beseer nadat ʼn bus en ʼn minibus-taxi Dinsdagoggend mekaar reg van voor in Johannesburg getref het. Foto: ER24

ʼn Busbestuurder is dood en 10 mense is beseer nadat ʼn bus en ʼn minibus-taxi Dinsdagoggend mekaar reg van voor in Johannesburg getref het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in Regentspark plaasgevind. “Die bestuurder van die bus, ʼn man in sy 40s, is uit die voorruit van die bus geslinger en sy liggaam was etlike meters ver van die bus aangetref. Die bus het teen ʼn advertensiepaal tot stilstand gekom,” het Jackson gesê. Die bestuurder is op die toneel dood verklaar.

“Die 10 insittendes in die taxi het wonderbaarlik slegs geringe en matige beserings in die ongeluk opgedoen. Die pasiënte is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling en toetse,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

vuurvreter ·

Nee hel so kan dit nie aangaan nie. Trok taxi. Bus taxi kar taxi nou kort ons nog net vliegtuig taxi. Hulle moet die taxi wrakke van die pad afhaal.

Willy ·

Ja julle wou mos. Nou het die skoolhoof gepraat.
Trippie, vuurvreter, Jasper, Eben en kie. Hy gaan ons aanhou ses van die bestes gee as ons ons nie gaan gedra nie.

Trippie ·

Jy’t dit begin … LoL !

Net oorlat jy my die skuld gee – buk vir nog 6 van die bestes.

Van nou af – net mooi kommentaartjies uit my pen ! Tsk, ek willie die tannie wees wat niemand van hou nie SNIK SNIK SNIK !

Willy ·

Op my stephanus kan jy noughts en crosses, jammer een nought, speel van al die bestes wat die hoof my al gegee het haha. Nou moet ek Satedag nog in sy tuin ook werk. ‘n Ekstra straf.

Trippie ·

Dankie Maroela !

Wil egter versoek dat julle die opskrif regstel – TROMPOP … laat my dink aan trompoppies – moet wees TROMP-OP !

Lief ons mense wat hier deelneem. Wed julle lag ook soms lekker voor julle verwyder !

Trippie ·

Om te voldoen aan Maroela-beleid, gaan ek slegs TWEE woordjies sê :

Taxi
Bus

Liefdegroete
Trippie

Willy ·

Ek’s nie meer lus om in kwarentyn te wees nie.

By die berig.

Hoe is dit moontlik dat die lot so in mekaar vasry? Dit kom daarvan wanneer iemand
afstand-skat gestremd is.

Kyk hoe lyk die baas se bus nou! Nee flipn, trek ook alles deur!

vuurvreter ·

Ai maar ons kommentaar word nou fyn dopgehou. Net een verkeerde woord en woeps waps en weg is dit. Soos kul jou hier en kul jou daar en siedaar weg is jou kommentaar.

Seg Net ·

Vuurman ek soek ook nou maar ander weivelde. Gaan ook maar soos die kommentaar verdwyn.

Hoog tyd ·

Dankie Maroela. Dit het deesdae maar ‘n uitgesoekte groepie se persoonlike kletskamer geword, deurvleg met persoonlike grappies en met amper goeie nag soentjies aan die einde van die dag. Hoeveel mense lees Maroela en hoeveel is deel van hierdie kletskamer? Eintlik wou ek maar net nuus lees en dalk ‘n bietjie insiggewende kommentaar daarby. G’n wonder Beeld het maar die handdoek ingegooi met die kommentaar nie…

Willy ·

Hoog tyd, dis hoog tyd jy leef met dit anders gaan jy maar swaarkry.

Lekker daggie.

xxxxx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.