Foto: Darren Scott ʼn seuntjie ryker

Darren Scott saam sy baba Matthew.

Darren Scott saam sy baba Matthew.

Die radio-omroeper, Darren Scott, en sy vrou, Sarah-Kate, het Woensdag ’n seuntjie ryker geword.

Scott het die nuus op Twitter gedeel en met foto’s van hom gespog.

“Matthew Scott is om 11:13 gebore. As ek na sy uitdrukking kyk, lyk hy soos ’n Manchester United-ondersteuner. Sal daaraan werk. Gesond en geseënd!” het hy getwiet.

Die egpaar se eerste seun, Mark (2), was ook by die hospitaal om sy nuwe boetie te ontmoet. Mark is vanjaar van kanker genees nadat dit vroeg verlede jaar by hom gediagnoseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Griet ·

Wonderlike nuus!! Baie, baie geluk, geniet hom en sy boetie vir die pragtige geskenkies wat hulle is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.