Foto: E-tolprotes in die lug

Foto: SAPA

Foto: SAPA

ʼn Vliegtuig wat ʼn anti-e-tolbanier agterna gesleep het, was Dinsdag oor snelweë in Gauteng sigbaar as deel van die Demokratiese Alliansie (DA) se protes teen die stelsel.

Die rooi en blou banier het die woorde “Fight e-tolls, vote DA” [Veg e-tol, stem DA] op gehad.

Die vliegtuig het oor al die e-tolsnelweë gevlieg.

Mmusi Maimane, premierkandidaat van die DA in Gauteng, het gesê mense moet hul stemme tydens volgende jaar se verkiesing gebruik om e-tol te bestry. “As mense teen die e-tolstelsel gekant is, moet hulle vir ʼn party stem wat ook daarteen gekant is,” het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “As jy e-tol teenstaan, moet jy die huidige regering ook teenstaan.”

Hy het verder beklemtoon dat motoriste onder geen verpligting is om e-tolskyfies aan te skaf of om vir die e-tolstelsel te registreer nie, en gesê hy weier om sy eie voertuig te registreer.

Die DA het gesê hy is steeds van plan om die e-tol-saak na die howe te neem, en gaan aanvoer dat die wetgewing wat voorsiening vir e-tol gemaak het, verkeerdelik aangedui is as ʼn nasionale kwessie in plaas van ʼn provinsiale kwessie. Lees meer hier.

Die DA was ook verantwoordelik vir misterieuse swart advertensieborde wat onlangs oor die e-tolstelsel opgeduik het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anton ·

Die DA gaan uit hulle pad om stemme te trek. Die foute met hulle onlangse beleidrigting kom hulle duur te staan.

Conrad ·

Anton, stem saam, maar ek is nog nie oortuig na hulle foutjie oor die beleidrigting nie…

Stoere Boer ·

Wonder of dit dieselfde DA is wat gesê het dat al kom hulle aan bewind e-tol sal voortgaan in Gauteng. Erger as verkleurmannetjies en dan nog liegbekke

Rondom Lelik ·

Die DA wil dan e-tol in die Wes Kaap ook instel? Hoe dan nou? Verkiesing foefie.

Frik Lotz ·

Ja-nee,die DA doen als net vir die verkiesing om stemme te probeer kry. Dis bloot n verkiesingsfoefie.Hulle is beslis verkleurmannetjies en dubbelpraters. Die party wat werklik veg om e-tol te stop,is die VF Plus en hul doen dit om die regte redes en nie as n verkiesingsfoefie. Beslis gaan my stem vir die VF Plus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.