Foto: Een sterf, talle beseer ná bus en trok bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Een persoon is dood en 34 mense is beseer nadat ʼn bus Vrydagoggend teen die agterkant van ʼn bewegende swaarvoertuig naby Durban gebots het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 04:00 op die N3-snelweg naby die Winterton-afrit plaasgevind.

“Die bus het die vragmotor getref, waarna dit omgeslaan en aan die regterkant van die hoofweg, in die rigting van Durban, tot stilstand gekom het,” het Jackson gesê.

Twee van die passasiers was in die wrak van die bus vasgekeer en moes uitgesny word. Een van hulle is op slag dood. Twee van die 34 passasiers is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Hulle het verskeie beserings en gebreekte bene opgedoen. “Hulle is later met ʼn helikopter van die provinsiale hospitaal in Estcourt na die Pietermaritzburg MediClinic oorgeplaas.”

Die oorblywende 32 passasiers het geringe tot matige beserings opgedoen in is almal met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd. Die polisie sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.