Foto en video: Verdagtes in Boston-bloedbad

Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) het beeldmateriaal van twee moontlike verdagtes in die Boston-bomontploffings openbaar gemaak.

Die beeldmateriaal wys twee mans wat met swart rugsakke rondbeweeg naby aan waar die twee bomontploffings Maandag die Boston-marathon geruk het. Daar kan gesien word hoe die twee mans kalm en ʼn ent van mekaar af deur die skare vleg. Volgens ondersoekers van die FBI is die verdagtes moontlik “gewapen en verskriklik gevaarlik” en is die publiek gewaarsku om nie die mans te nader nie. Daar is vroeër bekend gemaak dat die ploftoestelle wat vir die aanvalle gebruik is, uit drukpotte bestaan het wat met stukke metaal, spykers en metaalballetjies gevul is. Drie mense is dood en meer as 160 is beseer in die aanval.

Die twee verdagtes in die Boston-bomontploffings. Foto: FBI

Pres. Barack Obama het intussen gister ʼn intergeloof-roudiens vir slagoffers van die bomontploffings bygewoon. “Ja ons gaan jou kry en ja jy sal geregtigheid in die gesig staar,” het Obama gewaarsku.

Beeldmateriaal van die verdagtes verskaf deur die FBI:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.