Foto: Facebook herenig susters ná 72 jaar

‘n Foto van die twee susters verskyn onderaan die berig.

Twee susters van Bosnië, beide in hul 80s, is danksy Facebook ná 72 jaar weer herenig.

Tanija Delic (88) en Hedija Talic (82) het gedurende 1941 tydens die Tweede Wêreldoorlog met mekaar kontak verloor, het die koerant Nezavisne Novine berig. Die gesin het uit hul tuisdorp, Budimlic Japra in noordwestelike Bosnië gevlug toe die 11-jarige Talic verlore geraak en in ‘n weeshuis beland het. Talic se seun het jare later sy familie aanlyn probeer opspoor. Hy het op Delic afgekom wat sowat 200km ver van hulle af gebly het.

Talic en Delic beplan om nou ook na ander familielede te soek en hoop om hul broer, wat moontlik in Amerika woon, op te spoor.

‘n Vrou van Florida in Amerika, Joan Courchene Wehrmeyer, het in Julie 2012 haar langverlore dogter ook deur Facebook opgespoor. Die twee vroue is ná 48 jaar lank met mekaar herenig.

Tanija Delic en Hedija Talic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.