ʼn Frats-tornado het Donderdag die Viljoenkroon-omgewing in die Vrystaat getref en erge skade aangerig.
Landbou.com het Vrydag berig boere in die omgewing teken skade aan nadat die tornado deur die omgewing beweeg het. Lien van Huyssteen het aan die publikasie gesê volgens baie boere het hulle sterk wind gehad en kragpale het omgewaai en selfs dakke het gedeeltelik afgewaai.
Van Huyssteen en haar man, Francois, se skade op hulle een plaas is egter veel groter met ’n nuwe stoor wat in die tornado se pad was. Die skade aan die stoor word nog deur versekeraars bepaal.
Dan Kriek, voorsitter van Vrystaat Landbou, sê hulle is nog nie van enige ander erge skade in kennis gestel nie.
Bron: Landbou.com
Ek is nie n weerkundige nie, maar ek dink dit is die begin van baie verwoestende tornados in SA. Globale verhitting is besig om goed in rat te kom…