Foto: Gareth Cliff in ongeluk

Gareth Cliff

Foto volg onderaan die berig.

Gareth Cliff, platejoggie by 5FM, was glo Saterdagoggend in ‘n ongeluk in Lytteltonweg, Centurion.

LookLocal Centurion berig Cliff se Range Rover het omstreeks 04:00 ‘n lamppaal getref voordat dit verskeie kere gerol het. Cliff het is gering beseer en het net ‘n sny aan sy been opgedoen. Hy het die ongeluk op sy Twitter-rekening bevestig: “Ongeluk oppad huis toe gisteraand. Geen beserings. Niemand anders betrokke nie. Moenie vir katte of honde uitswaai nie, maak nie saak hoe lief jy hulle het nie.”

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane Metropolisie, het die ongeluk bevestig, maar kon nie bevestig wie die bestuurder was nie.

Cliff is vroeër in hegtenis geneem nadat hy 182 km/h in ‘n 120km/h-sone op die R21 in Lyttelton gery het. Hy het ‘n R10 000-boete betaal.

Bron: LookLocal Centurion
Klik hier om meer te lees.

Gareth Cliff se voertuig ná die ongeluk Foto: LookLocal Centurion

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gibson ·

Vir katte en honde uitgeswaai!!!?????? Hy moet dink die lesers het ‘n IK van ‘n gomsnuifende snotneuskind. Hy was seker lekker getrek van lekker party hou. Hy kan dankie sê daar was nie iemand betrokke nie anders het sy kaartehuisie soos Jub-Jub s’n gelyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.