Foto: Gru-ongeluk naby Nelspruit eis sewe

N4 nelspruit malelane ongeluk 2Sewe mense is dood en sewe is ernstig beseer nadat ʼn viertrekvoertuig en ʼn minibus-taxi Vrydagoggend op die N4-snelweg tussen Nelspruit en Malelane gebots het.

“Sewe mense is dood. Vyf slagoffers was in die taxi en twee in die ander voertuig,” het Moeti Mmusi, Mpumalanga se veiligheidswoordvoerder, gesê. Die sewe mense wat ernstig beseer is, is na ʼn hospitaal in Nelspruit gehaas.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

Vusi Shongwe, LUR vir veiligheid en sekuriteit, het sy medelye met die slagoffers se families uitgespreek. “Te veel lewens word op ons paaie verloor,” het Shongwe gesê. Met die ekstra verkeer op die paaie as gevolg van die skoolvakansie het Shongwe ʼn beroep op alle motoriste gedoen om versigtig en verantwoordelik te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nicolene ·

die oorsaak van die ongeluk? Ek kan jou se. daar is padwerke daar en so een power outjie wat sy vlaggie langsaam wapper. Jy wag nogal lank,kom ons se so +- 20 min by een van die 3 stop en go’s. As daai liggie groen slaan, dan sien jy hoe die taxi’s en ander wat nie kan wag nie, so vinning ry net om voor die ou voor hulle te kom. Ek het al taxi’s gesien wat die vlaggie wapperer vloek omdat hy nie gou genoeg uit hulle pad spring soos hulle jaag nie. HULLE HET GEEN RESPEK VIR HULLE INSITTENDES NIE, sien net dollar signs. Hulle ry roekeloos en het geen geduld nie,en dan vra jy nog hoe het dit gebeur????????? Waar is die verkeerspolisie?? sit net na die padwerke en eet pap en hoender

Paul ·

Nicolene was jy daar toe die ongeluk gebeur het en hoevêr was dit van die ” Stop – Go” af. Wees maar versigtig met julle uitlatings, jy kan dalk gevra word om in die hof te kom getuig en ‘n “gat” van jouself te maak. Miskien is jou volgende job ‘n verkeerspolisie. Sê maar net!!

Eben ·

Nicolene ek stem 100% saam, maar ook met Paul. Die betrokke ongeluk was nie naby die
stop-go’ gewees. Inteendeel dit was net na die Karino/Witrivier/Lughawe afrit gewees (+- 500m rigting Nelspruit) Ek was seker van die eerste mense wat daarop afgekom het vanoggend (Ry daagliks daardie roete werk toe te Malelane) en die gesig wat ek gesien het was vreeslik.

Ongelukkig is dit so dat hulle op die N4 Malelane/Nelspruit werk en dit sal seker nog so jaar plus besig wees waar ek vertrou dat dit n aangename pad gaan wees as dit klaar is. Nicolene ek hoor jou van die verkeer mense en stem saam jou dat julle pateties en korrup is, trek net die Moz motors af want dis waar die omkoop geld lê. En solank daar nie iets gedoen word met die ‘stop-go’ ongeduldiges gaan nog lang/baie trane gehuil word. Nie eers te praat van die mense by die ‘Stop-go’ wat uit hulle voertuie klim … die Vader weet dis so of almal ewe skielik n pie-pie nood het ……

Esme ·

Jy is reg Nicolene – hulle het geen respek vir hulle insittendes nie!!

Elize Schoombee ·

Veral as ‘n mens weet dat daar padwerke is of meeste mense ook nou al weet dat die meeste paaie daar nie goed is nie, behoort voertuie stadig te ry en kyk mens vir al die ander voertuie om jou ook. Met soveel beseerdes en oorledenes is dit duidelik dat die impak erg was bloot omdat die voertuie te vining gery het. As mens dink daar is bestuurders wat nie respek het vir ander se lewens nie, dan bestuur ‘n mens juis so om hulle te vermy… Die lewensverlies is onnodig en hartverskeurend..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.