Dele van die Oos-Rand van Gauteng is Donderdag deur ‘n hewige haelstorm getref. Andrew van der Merwe, ʼn motoris wat in die haelstorm bestuur het, het aan Maroela Media gesê dit het soos Oordeelsdag gevoel. “Die hael het met mening afgekom. Dit het soos sneeu langs die paaie opgehoop. Dit was ʼn nagemerrie om daardeur te bestuur,” het hy gesê.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag gewaarsku teen erge donderstorms regoor Gauteng, Noordwes, die Vrystaat en Mpumalanga.