Foto: Kaapstad-ongeluk eis vier

Foto: ER24

Foto: ER24

Vier mans is Maandagoggend dood en een ernstig beseer tydens ʼn botsing op die N2-snelweg in Kaapstad.

Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 01:00 naby die Borchards Quarry-afrit naby Bellville plaasgevind.

“ʼn Metropolisiebeampte het afgetrek om ʼn stilstaande voertuig, wat teen die versperring langs die pad vasgery het by te staan, toe ʼn ander voertuig van agter af in die stilstaande voertuig vasgery het,” het Venter gesê.

Drie mans is op slag dood, twee mans het ernstige beserings opgedoen en die metrobeampte het matige beserings opgedoen. “Die twee beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling, maar een van die mans het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annette ·

ek is Saterdagoggend eers 3.45am bed toe. Terwyl ek TV kyk hoor ek hoe ry die karre. Om teen daai spoed te ry as hully gedrink het man ek wag uitelik vir die skreeu van bande. hoe selfsigtig is hulle. Mense slap almal daardie tyd van die oggend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.