Anice Barnard Kruger, die ma van die brandslagoffer Pippie Kruger, het Maandag gesê kenners in Boston is verstom oor hoe goed Pippie se vel lyk.
“Daar is geen keloïden-letsels nie en oral, al is dit ‘n ou litteken, kan aartjies gesien word,” het Kruger op Facebook gesê. Sy sê die pigment is wat haar die meeste verstom en dat sweetgaatjies oral deur die gekloonde vel te voorskyn kom. “En glo my sweet, sweet sy, met die haartjies wat orals groei, dis die mooiste mooi.”
Sy het gesê Pippie moet weer ʼn operasie ondergaan om ʼn ou bedseer aan die agterkant van haar kop te herstel. “Die area op kopvel jeuk baie en sy skuur dit kort-kort oop. Dr. Mia gaan dit uitsny en toetrek en dan is daai area van jeuk, krap en bloei weg. En so stap ons elke dag die pad vorentoe.”
Pippie het op Oujaarsaand 2011 derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyfie toe ’n vuuraansteekmiddel tydens ʼn braai ontplof het. Pippie was twee jaar oud ten tyde van die voorval. Pippie het in Junie 2012 baanbrekerchirurgie ontvang waar haar eie gekloonde vel, wat in ʼn laboratorium in Boston gekweek is, op haar wonde oorgeplant is.
Wonder of hulle ook verbaas is hoe die geld insameling handteer is.
Ag WEET jy EBEN, dit is mense soos jy wat maak dat niemand iets vir iemand anders wil doen nie!! Hoekom moet daar altyd mense soos jy wees…….aarde as ek iets vir iemand doen is dit omdat ek elke dag geseen word, en dit is my manier om dankie te se, wat hulle met die geld doen is hulle probleem, as mens iets vir iemand doen of gee doen mens dit uit liefde, hoekom moet mense altyd die dam ruk???? Pippie lyk pragtig en dit is die belangrikste, wonder wat sou jy doen as dit jou dogtertjie was en mense het sulke agterbakse sarkastiese kommentaar gelewer???
Ag Eben gaan koop jouself n porn tydskrif, want dit is waar jou kommentaar hoort. Doen jou huiswerk, die OB kon geen bewyse kry dat geld gesteel of onreelmatig gebruik is nie, die saak is gesluit.