Foto: Kind sterf ná konstruksievoertuig in huis inploeg

Foto: ER24

ʼn Driejarige kind is dood nadat ʼn konstruksievoertuig Dinsdagoggend in ʼn huis in KwaZulu-Natal ingeploeg het.

Derick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het omstreeks 09:00 langs Snathingweg in Edendale, naby Pietermaritzburg, plaasgevind.

“Die bestuurder van die konstruksievoertuig het beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het teen ʼn skuinste afgerol en teen die huis opgeëindig,” het hy gesê.

Inwoners van die omgewing het twee van die mense wat in die huis was, in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in die omgewing geneem. “Die inwoners het aan paramedici en die polisie gesê daar is ʼn driejarige kind ook in die huis. Sy liggaam is onder die puin gevind. Die kind is op die toneel dood verklaar,” het Banks bygevoeg.

Plaaslike owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.