Foto: Kleuter kritiek beseer in PTA-ongeluk

Foto: ER24

ʼn Driejarige kind is in ʼn kritieke toestand in ʼn Pretoriase hospitaal nadat ʼn taxi Maandagoggend vroeg teen ʼn stilstaande voertuig gebots het.

“ʼn Gesin van vier mense het omstreeks 04:30 van die Moloto-pad, noord van Pretoria, afgetrek om ʼn bietjie te rus toe ‘n taxi die voertuig reg van voor getref het,” het Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, gesê.

“Die pa van die gesin was buite die voertuig toe die ongeluk plaasgevind het. Die ma, hul 14-jarige dogter en die kleuter was in die voertuig. Albei voertuie is erg deur die botsing beskadig. Die kleuter is uit die voertuig geslinger en is in ʼn ernstige toestand langs die wrak aangetref. Die kleuter is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir noodbehandeling. Die ma en dogter het geringe beserings opgedoen en is ook hospitaal toe geneem,” het Jackson gesê.

Volgens Jackson is niemand in die taxi beseer nie. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cotie ·

DIE PAD VD DOOD so word dit al vir baie jare genoem. Kan daar nie iets aan gedoen word nie, asb?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.