ʼn Man is ernstig beseer nadat hy Woensdag omstreeks 10:30 op die N12-snelweg in Bassonia, Johannesburg, in ʼn botsing betrokke was.
Na wat verneem word, het die bestuurder van ʼn bakkie vir ʼn ander voertuig naby die Comaro-afrit uitgeswaai wat in die middelste laan van die snelweg onklaar geraak en gaan staan het. Die bestuurder het beheer oor sy voertuig verloor en dit het omgeslaan. Die man is deur ER24-personeel behandel en in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.