ʼn Man is dood nadat hy Woensdagmiddag in Amanzimtoti verskeie kere in sy voertuig geskiet is.
Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die skietery in Prospectonweg plaasgevind. “Die rede vir die skietery en wat presies gebeur het, is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek,” het Botha gesê.
Hy sê die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Verkeer is ontwrig in die gebied terwyl die polisie die toneel ondersoek en opgeruim het.
Maroela Media wag vir terugvoer van die KwaZulu-Natalse polisie in verband met die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Sadly this keeps happening!