Foto: Man kritiek ná sy voertuig teen boom bots

Foto: Netcare 911

ʼn Man in sy 30s veg om sy lewe nadat sy voertuig Sondagaand teen ʼn boom in Durban gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die man het op die hoek van Northway- en Cavendishweg beheer oor sy Colt-bakkie verloor. “Die bakkie het die pad verlaat, gerol en teen ʼn boom tot stilstand gekom,” het Botha gesê.

“Paramedici moes teen die wrak opklim om die man in die voertuig te behandel. Die brandweer het die man uit die wrak gesny. Hy is op ʼn asemhalingsmasjien geplaas en moes versigtig op ʼn draagbaar geplaas word voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.