Foto: Man oorleef noue ontkoming

ʼn Man van Richardsbaai het ʼn noue ontkoming gehad nadat sy voertuig teen ʼn bus gebots het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk Donderdagmiddag op die hoek van die Esikhawini-afrit en die R34 plaasgevind.

“Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar albei voertuie het die kruising gelyktydig oorgesteek. Die man was in die voertuig vasgekeer en moes uit die wrak gesny word. Hy het slegs geringe beserings opgedoen en is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.