ʼn Man van Richardsbaai het ʼn noue ontkoming gehad nadat sy voertuig teen ʼn bus gebots het.
Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk Donderdagmiddag op die hoek van die Esikhawini-afrit en die R34 plaasgevind.
“Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar albei voertuie het die kruising gelyktydig oorgesteek. Die man was in die voertuig vasgekeer en moes uit die wrak gesny word. Hy het slegs geringe beserings opgedoen en is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” het Botha gesê.