ʼn Man wat herstelwerk aan ʼn groot ondergrondse petroltenk by ʼn vulstasie in Boksburg aan die Oos-Rand gedoen het, is Donderdag dood nadat hy in die tenk vol petrol geval het.
Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die werker en ʼn kollega het aan die ondergrondse tenk gewerk toe albei daarin geval het.
“Die petroldampe en beperkte spasie het die situasie vir die mans lewensgevaarlik gemaak,” het Majija gesê.
Brandweermanne het die twee werkers uit die tenk gehaal voor paramedici hulle kon behandel.
“Die een werker is in ʼn kritieke toestand na die Tambo Memorial-hospitaal geneem. Die ander man is op die toneel dood verklaar,” het Majija gesê.
Sterkte aan die familie …. altyd tragies as iemand beseer/dood gaan in die uitvoering van hul werk.
Dis erg.
Ek kan net nie verstaan hoe werk n mens in tenk vol brandstof nie