Foto: Mej. SA en die omstrede rok

Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika

Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika, se nasionale uitrusting, wat sy by die Mej. Heelal-kompetisie in Desember in Las Vegas gaan aantrek, het tot groot omstredenheid gelei.

Bam het die rok bekendgestel en kenners in die modewêreld verstom gelaat, berig City Press. “Ek ken skoonheid wanneer ek dit sien, maar al wat ek hier sien is ʼn blink gladiator-ninja-avatar-karakter wat desperaat is om raakgesien te word,” het Marianne Fassler, bekende modeontwerper, gesê. “Wow, uhm…” is al wat David Tlale kon uitkry voordat hy begin lag het.

“Die rok simboliseer Suid-Afrika se minerale rykdom: goud, silwer, platinum, diamante en steenkool,” het Peter Bondesio, ontwerper van Go Wild Designs, gesê om sy uitrusting te verdedig.

Melinda Bam en die omstrede rok

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elize ·

Ek het dit vanoggend ook op Miss Universe se webblad gesien en gedink dit is soooooooooooooo over the top en belaglik!

Dit laat haar regtig soos ‘n Gladiator lyk

Petro ·

As sy op haar rok beoordeel word – gaan sy definitief NIE onder die 1ste 50 val nie! Ag nee man!!

Rufus ·

Miesies Knysna, Petternella,Liesbet en Trudie,
Julle is darem erg vieslik met julle kommentaar. Ek wed julle is vier vet oujongnooiens wat vrek om ‘n man te kry en niks beter kan doen as om skandaliglik liederlik te wees met die pragtige Melindatjie nie. Ja, goed, ek gee toe haar rokkie herinner ‘n bietjie aan ‘n vuurpyllansering, maar gun dan tog die kind die ou flou sonnetjie wat oor haar kaal armpies skyn. Hoe sal julle voel as daar so sleg onderlags gepraat word van julle ou bloedjies, ja, ek bedoel presies daai paar met die vaal haarjies en die skewerige voortandjies en die neusringe en so aan.
Wees rustig siele, wees rustig, dis nie vir julle om te sê wat is goed en wat nie. Voor mens dit kan doen moet jyself darem so smeerseltjie styl hê, en ingeval dit nog nie deurgedring het nie, neem nou kennis: julle het niks van daai wonderlike ding genaamd styl gekry nie. Dis nie iets wat Checkers of Pep Stores verkoop nie. JY het dit, of jy het dit nie. As julle styl gehad het met ‘n lekseltjie maniere daarby sou julle sekerlik nie sulke gorighede kwytraak en boonop julle name ook nog daarby gesit het nie. Ek sien een van julle was noem haarself glads Mej Knysna, wanneer ? 1963? Het julle nie gehoor die Aias, ekskuus, die Maya’s het gevoorspel dat die aarde een van die dae m-toe is met al julle geskinner en gevieslikwesery nie? Kyk nou wat het julle geloop aanvang! Toe ons klein was en iets verkeerd gedoen het nadat my oorle ma gewaarsku het dat ons gaan seerkry (sy was goed met sekermaak dat jy seerkry as jy nie luister nie), het sy altyd meerwarig gesê “hoor Israel!” Nou’s dit al wat ek vir julle vier vetties kan sê met al die aarde op ‘n end dinge wat julle nou loop en veroorsaak het : Hoor Israel!

Elvira ·

Ag nee man, praat ons nou van die foto wat julle by die artikel vertoon? Dis vir my glad nie ‘n lelike rok finaliste s’n gesien wat regtig baie erger lyk…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.