Foto: Ministers spot met Ramphele/Zille-soen

Blade Nzimande en Lindiwe Sisulu gee mekaar 'n soen. Foto: Werner Beukes/SAPA

Blade Nzimande en Lindiwe Sisulu gee mekaar ‘n soen. Foto: Werner Beukes/SAPA

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, en Lindiwe Sisulu, minister van die staatsdiens en administrasie, het Dinsdag tydens die kabinet se bosberaad in Pretoria gesoen om die draak te steek met die DA en AgangSA se mislukte samesmelting.

“Hierdie sal nie langer as vyf dae duur nie,” het Nzimande gesê en gelag vir fotograwe wat hulle afgeneem het terwyl hulle gesoen het. Sisulu het weggebreek van Nzimande en het hard gelag.

Verlede Dinsdag Helen Zille, die leier van die DA, en Mamphela Ramphele, die leier van AgangSA, hul politieke “huwelik” met ‘n soen tydens ‘n mediakonferensie in Kaapstad verseël. Zille het tydens die konferensie aangekondig dat Ramphele die DA se presidensiële kandidaat in die komende verkiesing sou wees. Die verhouding was egter van korte duur.

Intussen het Ramphele Dinsdag in ʼn eksklusiewe onderhoud met Maroela Media gesê die aanvanklike ooreenkoms met die DA was nie samesmelting nie, maar samewerking en dat dié misverstand tot die vertrouensbreuk gelei het. Klik hier om die berig te lees.

Foto: Oorsprong onbekend / Twitter

Mamphela Ramphele en Helen Zille. Foto: Oorsprong onbekend / Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Demokraat ·

Dr Blade Nzimande kan eintlik nie bekostig om te spot met die DA/Agang nie want sy ANC-alliansie val vinniger uitmekaar as wat die mislukte samesmelting vir die DA of Agang enige besondere nadele inhou.

Natuurlik sal die ANC alle aandag na ander oorde wil verplaas synde aandag van sy eie gebreke af te lei.

Eben ·

Blade …. Komaan oubaas se honne. Doen iets met jou dieet jy lyk vreeslik en dan ook aan jou gesig. Soe dit lyk sleg. Dan los jy die grappies ons betaal jou om jou werk te doen en onderwys doen glad nie tans in die land goed. Het al die skole handboek …. Kom ou grote begin werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.