Foto: Nooddienste red vier uit vloedwater in Centurion

Nooddienste op die toneel by die laagwaterbrug in Centurion.

Nooddienste op die toneel by die laagwaterbrug in Centurion.

In Pretoria het die Tshwane-nooddienste vier mense gered nadat twee voertuie by die laagwaterbrug in Rabiestraat in Centurion oorstroom het.

“ʼn Mercedes en ʼn bakkie het probeer om die brug oor te steek toe die voertuie in die middel van die oorstroomde brug onklaar geraak het,” het Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, aan Maroela Media gesê. Nooddienswerkers was tussen 07:00 en 07:30 op die toneel om die vier mense in die voertuie te red. Die voertuie is ook uit die water gesleep. Niemand is beseer nie.

Motoriste probeer vloedwater in Witkoppenweg oorsteek. Foto: @14wade / Twitter

Motoriste probeer vloedwater in Witkoppenweg oorsteek. Foto: @14wade / Twitter

Pieterse het motoriste gewaarsku om nie deur oorstroomde gebiede te ry nie, en eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Intussen het Johannesburgse nooddienste het gesê verskeie paaie in die stad is oorstroom ná swaar reënval. “Van die paaie is Klip Valleyweg, New Canadaweg, William Nicolrylaan en Goldmanweg,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van Johannesburgse nooddienste, gesê.

Mulaudzi het gesê geen ernstige voorvalle is aangemeld nie. Hy het skoolkinders gewaarsku om weg te bly van enige stormwaterpype.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.