Foto: Ontploffing van bom uit Tweede Wêreldoorlog

Sommige van die 2 500 inwoners van München wat ontruim is terwyl ‘n vliegtuigbom uit die Tweede Wêreldoorlog onder beheerde omstandighede ontplof is, kon Woensdag weer na hul huise terugkeer.

Dit sou te gevaarlik wees om die bom van byna ‘n halwe ton te probeer verskuif, en daar is probeer om dit met ‘n beheerde ontploffing onskadelik te stel. Sake het effens skeefgeloop en verskeie huise in die omgewing het aan die brand geslaan. Huise se ruite is oor ‘n groot afstand uitgeskiet. Die brande is egter gou onder beheer gebring.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Hoofnuus, Nuus, SA-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae