Sommige van die 2 500 inwoners van München wat ontruim is terwyl ‘n vliegtuigbom uit die Tweede Wêreldoorlog onder beheerde omstandighede ontplof is, kon Woensdag weer na hul huise terugkeer.
Dit sou te gevaarlik wees om die bom van byna ‘n halwe ton te probeer verskuif, en daar is probeer om dit met ‘n beheerde ontploffing onskadelik te stel. Sake het effens skeefgeloop en verskeie huise in die omgewing het aan die brand geslaan. Huise se ruite is oor ‘n groot afstand uitgeskiet. Die brande is egter gou onder beheer gebring.