Foto: Pampoen breek wêreldrekord

Foto: Patty Hawkley

Foto: Patty Hawkley

‘n Pampoen wat bykans 925 kilogram weeg is ‘n nuwe wêreldrekord, maar die eienaar van ‘n pampoen wat in die knewel se nek blaas, sê hy “het maar net begin”.

Die kleiner pampoen weeg “net” 902 kilogram.

Die nuwe rekord is opgestel deur Tim Mathison, maar as deeltydse boer maak hy dit duidelik dat dit ‘n spanpoging van sy hele gesin was. Beide knewels is in die Napavallei in Kalifornië gekweek. Die rekordpoging word nou na New York geneem waar dit die trekpleister in verskeie mediageleenthede gaan wees.

Dis darem nie enige boerpampoen wat so groot kan word dat dit die gebou plat gaan lê as mens dit op die sinkdak wil stoor nie – as ‘n mens die bielies ooit op die dak sou kry! Dié pampoene word van spesiale saad gekweek. Baie voedingstowwe is nodig vir die bielies wat meer as 20kg per dag kan groei.

Boonop word die pampoenrank só geknip dat dit net een pampoen het wat gevoed moet word.

Maroela Media het op 18 Maart vanjaar berig oor die Suid-Afrikaanse rekord van 417,5 Kg wat deur Johan du Plessis van Worcester gekweek is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Charlene ·

Wow! Dink hoeveel mense kan lekker smul aan daai bielie van n pampoen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.