Foto: Prins George kry ‘n krokodil

William en Kate saam met baba Cambridge. Foto: Clarence House

Die foto volg onderaan die berig. Australië se tropiese noordelike gebied het Donderdag ʼn krokodil aan prins William en Kate Middleton se baba, prins George, geskenk. Dié krokodil het uitgebroei op die dag wat die hertogin se swangerskap aangekondig is.

Adam Giles, minister van die provinsie, het dié “unieke geskenk” bekend gemaak. Die klein reptiel is ook George gedoop. “Die eier het op 3 Desember uitgebroei, dieselfde dag wat Kate en William aangekondig het dat hulle hul eersteling verwag,” het Giles gesê.

Prins William en Kate het ook ʼn paar krokodille van Darwin, die provinsie se hoofstad, ontvang toe hulle hul verlowing bekend gemaak het.

Giles sê hy hoop die geskenk sal die prins en sy ouers oorreed om noordelike Australië te besoek. Die regering het selfs ʼn Facebook-blad, genaamd George the Royal Crocodile, opgerig sodat die prins sy doen en late uit Engeland kan volg.

Prins George is Dinsdag in Londen gebore en is derde in die ry om die troon op te volg.

George, die krokodil Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.