Foto: Reuse-panda kry tweeling beertjies

Foto verskaf deur die Atlanta-dieretuin

ʼn Reuse-pandabeer het aan ʼn tweeling geboorte geskenk by die Atlanta-dieretuin in die VSA.

Volgens ʼn mediaverklaring van die dieretuin het die 15-jarige Lun Lun Maandag geboorte aan die tweeling geskenk. Die tweeling is volgens die dieretuin die eerste reuse-pandabeertjies om sedert 1987 in Amerika gebore te word. Dit is glo nie raar vir reuse-pandabere om tweelinge te kry nie maar wanneer dit in die natuur gebeur gaan een van die pandabeertjies gewoonlik dood aangesien die ma net vir een van hulle sal sorg. Reuse-pandabere is baie klein by geboorte – net so oor die 100 gram – en is daar in die eerste paar maande na hul geboorte ʼn groot risiko dat hulle kan sterf. Tweelinge weeg ook gewoonlik heelwat minder by geboorte. Lun Lun se beertjies sal geroteer word om tyd saam met haar deur te bring terwyl die ander een in daardie stadium deur personeel by die dieretuin versorg sal word. Die tweeling is Lun Lun en haar maat Yang Yang se vierde en vyfde beertjies. Al vyf is deur kunsmatige bevrugting verwek. Volgens die dieretuin is daar slegs sowat 1 600 reuse-pandabere in die natuur oor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.