Foto: Schalk Burger se babatjie

Die foto is deur Michele Burger op Twitter gelaai

Springbok Schalk Burger en sy vrou, Michele, wat Maandag ʼn babaseuntjie ryker geword, sê hulle kan nie hul oë van die bondeltjie vreugde af hou nie. Michele het ook gister ʼn foto van baba Schalk op Twitter gedeel. Michele het vroeër die week getweet:Cant keep our eyes off our little boy! Best feeling in the world becoming parents – no words can describe this joy ♥” [Kan nie ons oë van ons klein seuntjie afhou nie! Dit is die beste gevoel in die wêreld om ouers te word – geen woorde kan die vreugde beskryf nie.]

Maroela Media het Maandag berig Mark Boucher, ʼn voormalige paaltjiewagter van die Proteas, was van die eerste mense wat die egpaar op Twitter geluk gewens het. Hy skryf: ”Congrats to Scala and @MicheleBurger1 on the birth of baby Schalk!!! The future Bok NO 6??? No doubt!!!” [Geluk Scala en Michele met die geboorte van baba Schalk! Die toekomstige No. 6-bok? Geen twyfel!]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.