Foto: Sewejarige deur voertuig doodgery

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig mag sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Sewejarige seun is Donderdagmiddag naby Amanzimtoti in KwaZulu-Natal van sy skool af op pad terug huis toe, doodgery.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die voorval op die R603-pad plaasgevind.

Die seun wou glo die pad oorsteek en het voor ʼn voertuig, oppad na Winkelspruit, ingehardloop. “Die kind se liggaam is aan die kant van die pad met verskeie kritieke beserings aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê.

Die polisie ondersoek die voorval. Die kind se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.