Foto: Skoolbus en trok bots

Foto: ER24

ʼn Volgelaaide bus wat skoolkinders vervoer het, het Donderdagmiddag teen ʼn vragmotor in Springs gebots.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het omstreeks 16:40 in Industryweg plaasgevind. “Die bus het hoërskoolleerlinge vervoer. Volgens ʼn ooggetuie het ʼn groot vragmotor in die pad ingedraai waarna die bus van agter teen die vragmotor gebots het,” het Jackson gesê.

Volgens Jackson was die voorkant van die bus erg beskadig, maar is daar gelukkig nie baie leerlinge beseer nie. “Al die passasiers van die bus het buite die voertuig gestaan toe paramedici by die toneel aangekom het. Al die tieners is ondersoek. Ses leerlinge moes na ‘n nabygeleë hospitaal geneem word met geringe beserings.”

Niemand wat in die vragmotor gery het, is beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.